Welkom by

'Die Offisiele webtuiste'

Willem het grootgeword op 'n plaas in die Noord-Kaap, ongeveer 'n uur se ry van Kimberley. Nadat hy op Hoërskool sy talent as musikant en liedjieskrywer ontdek het, het hy besluit om aan verskeie talent kompitisies deel te neem, waarvan hy die meerderheid gewen het.

Na skool besluit hy om klank ingenieurswese in Johannesburg te studeer, vir praktiese ondervinding het hy toe begin om vir ander musikante klank te doen op hul vertonings en het soms 'n paar liedjies gesing as hul 'n breek wou vat. So het venues begin om vir Willem te bespreek vir sy eie vertonings, hy het homself leer kitaar, dromme, keyboard, bekfluitjie en konsertina speel, dit sorg vir 'n groot verskeidenheid in die vertonings. Willem is ook deur ander kunstenaars genader om vir hul liedjies te skryf. Hy is tans 'n klank ingenieur bedags en bedryf sy eie ateljee in Centurion. Sy eerste CD "Highway na jou hart" het ook die lig gesien in November 2010, waarvan hy al die mengwerk behartig het. Op hierdie album hoor jy al Willem se eie liedjies, sy stories en lewenservaringe waarmee jy jouself kan assosieer.

Ons hoop om jou op die pad te sien!
Mag dit reen waar jou beeste loop....

 itunes-buttons
 

LEER MEER...

Willem van der Ryst
 

Willem van der Ryst word beskryf as ‘n nuwe generasie sanger wat vergelyk kan word met ‘n Theuns Jordaan of Adam Tas, sy musiek klink bekend maar tog bring dit iets nuuts na die tafel. Goed geskrewe ‘saamsing’ liedjies, opgeruimde kitaarspel en ‘n warm mans stem wat vrouens se harte maklik sag maak…

Willem se eerste enkelsnit ‘Nuwe Seisoen’  (ook die titelsnit vanaf sy nuwe CD)  is landswyd baie goed ontvang by radio stasies en het dus alreeds op sekere stasies in die Top 20 ‘n draai gemaak. Van die stasies sluit in; RSG, GrootFM , Radio Laeveld, Bok Radio en natuurlik Bosveld Stereo waar Willem al vir meer as agt weke in hulle Top 20 is (tans nr 1)

Willem soos baie sukses verhale kom van die platteland af en dis ook juis die rede dat hy so vining sò populêr word; Sy voete is gegrond, hy Sing, Speel en Leef in Afrikaans. Sy passie vir goeie musiek en vertonings lig gehore se verwagtinge elke keer. ‘n Eg Suid Afrikaanse sanger sonder pretensie of pop aanwensels, net goeie musiek gesing deur ‘n nuwe ikoon wat nog morele waardes hoog ag.

Willem van der Ryst is wel nie onervare nie, hy speel al vir die afgelope agt jaar in verskeie klubs, by partytjies en spesiale okkasies, en sy warm kuier persoonlikheid verseker dat mense hom altyd weer bespreek.

Willem se volgende enkelsnit ‘Sand in ‘n uurglas’ wat binne die volgende 3 weke vrygestel gaan word beloof om nog grooter hoogtes te bereik. Volg die skakel vir splinternuwe musiekvideo en hou die pers en media dop.


Soos sand in 'n uurglas


Wat's nuus

Willem nr 2 op Bosveld Stereo

Willem is tans nr 2 nadat hy die afgelope 8 weke op hulle Top 20 is

Willem se eerste musiek video

Willem het sopas sy eerste musiekvideo gedoen vir die liedjie, 'Soos sand in 'n uurglas' 

Gaan kyk dit nou by https://www.youtube.com/watch?v=v9zNSTdosQo 

Media

     
 

Koop Willem se nuwe CD

cd2
   

Kontak My




Epos:
Opskrif:
Boodskap:
Watter kleur jean het Willem aan?


facebook twitter youtube